Ons sorg vir mekaar
As Christene hier in Texas kom ons gereeld bymekaar in die vorm van kerkdienste, manne bybelstudies, mannekampe, vrouekampe en dan kuier ons ook onder mekaar. Op so ‘n manier groei ons nader na ons hemelse Vader en na mekaar toe en trek ons ook ander nader. Dit gaan alles daaroor om ons mede-Suid Afrikaners te bereik en te ondersteun en om Jesus se liefde prakties uit te dra.
Afrikaanse Kerk
Die 3 Afrikaanse Kerke is deel van die non-profit “Koinonia – Caring for SA in USA”. Die non-profit se doel is om die Suid-Afrikaanse gemeenskap in the VSA te ondersteun deur elkeen van ons te lei om n groeiende verhouding met Christus te bou.
Manne
Soms in hierdie wereld waarin ons leef is dit so maklik om in te klim en die dinge wat vir ons belangrik lyk na te jaag sonder om met God te beraadslaag of Hom daarin te ken. Tel elke dag jou kruis op en lewe voluit vir ons Here en dien die mense om jou, want more is nie n waarborg nie..
Vroue
...waar vroue se lewens verander... Kom geniet ons vroue naweek kampe saam met ons en laat Jesus jou lewe verryk!
Ons doen en late...
Gebruik die kalender om op hoogte te bly van al ons doen en late.