Wonderlike geseënde mannekamp

Die afgelope naweek het 40 manne bemekaar gekom by ons gereëlde kampplek in die Hill Country net wes van Austin. Die Here het vir ons op ‘n wonderlike wyse ontmoet daar en met elkeen van ons gepraat deur getuienisse en waar manne met ons boodskappe gedeel het uit die Woord uit. Sonder ‘n vasgestelde tema het die Here die naweek gelei met ‘n tema van hoe Hy ons wil ontmoet in ons gebrokenheid en ons heel en bruikbaar wil maak. Ek dink Mattheus 5:3 “Geseënd is dié wat weet hoe afhanklik hulle van God is, want aan hulle behoort die koninkryk van die hemel.” het vir ons nuwe betekenis gekry. Ons moet nie ons gebrokenheid wegsteek agter ‘n masker nie maar dit gee vir Jesus sodat Hy meer kan word in ons lewens en ons minder.